Home   |   Corporate Affairs   |   Academics   |   Student Affairs   |   Campuses   |   Results   |   Contact us

Menu


Use the Navigation above to browse this site.

The sub-navigation for each option will appear here.

Quick Links
~ Hostels
Important Dates
College News
~
~
~
~
~
~
~
~
~
~




SAMBRA ( South African Motor Body Repairer's Association ) is ‘n vereniging waaraan alle groot instansies wat duikklopwerk en spuitverfwerk doen, behoort. Hulle is weer geaffilieer by RMI ( Retail Motor Industry) ), die kwaliteitsversekeraar in die kleinhandelmotorindustrie.


Foto: Voor van links sit Richard Green (Nasionale Direkteur: SAMBRA); Leon Beech (CEO: Northlink College ); Maryna Ritter (Merseta). Die dames in die middel is Trish van der Merwe (Adjunk CEO: Innovering en Ontwikkeling) en Calima van Ellinckhuijzen (Senior bestuurder: Northlink College) Agter van links is Ebrahim Peter (Kampusbestuurder: Belharkampus); Greg Cogill (BASF-verskaffers van verf); Tyrone Arendse (Barloworld); Peter Petit (Dent Magic); Kirk Randall (Kampusbestuurder: Bellvillekampus); Nathan Peak (Programbestuurder: motorbakherstelwerk); Danny Petersen (Senior bestuurder Northlink College) en Neil Maggott (Adjunk CEO: Korporatiewe Sake) en Ayoob Sullaiman (HoD – Motorafdeling).

Die Bellvillekampus van Northlink College doen al duikklopopleiding sedert 1982. Drie jaar gelede is hul duikklopwerkswinkel opgegradeer en verbeterings van by die sewe miljoen rand is aangebring.

Sedertdien het Northlink ‘n vennootskap met SAARSA ( South African Automotive Repairers & Salvage Association ) gevorm. Na onderhandelings met Nathan Peake (programbestuurder: motorbakherstelwerk), het Richard Green (nasionale direkteur van SAMBRA) die kollege genader vir ‘n samewerkingsooreenkoms. Hulle het die perseel en nuwe geboue besoek, Ebrahim Peters (op daardie stadium senior bestuurder: ingenieursstudies) ontmoet en kort daarna kon Northlink met trots aankondig dat ‘n MoU met SAMBRA gesluit is.

Die meeste groot motorbakwerkmaatskappye is by SAMBRA geregistreer. Hulle is al meer as 30 jaar lank in die bedryf en geniet groot aansien. “Ons is almal baie bekommerd oor die ernstige vaardigheidstekort in die land. Dis tyd dat politieke verskille opsy geskuif word en almal begin saamstaan tot die voordeel van onderrig, opleiding en die opheffing van die gemeenskap”, het Richard Green gesê. Leon Beech, CEO van Northlink, is van mening dat Northlink op die voorpunt van die nuutste tegnologie en ontwikkelings in die motorbedryf moet bly. “Ons wil graag sentrums van uitnemendheid vestig en dit is slegs moontlik as Northlink die ondersteuning en bystand het van verenigings soos SAMBRA. Dit sal goed wees as spesifieke doelwitte en uitkomstes met tydlyne daaraan gekoppel, spoedig vasgestel word,” het hy gesê.

Dis ‘n werklikheid dat die nuutste tegnologie waarmee die studente vanselfsprekend moet kennismaak tydens hulle opleiding, geweldig duur is. SAMBRA en al hulle verskaffers is dit eens dat hulle Northlink se wish list in hierdie verband maklik kan laat realiseer. Hulle wil graag toesien dat Northlink voorsien word van state of the art toerusting. Die gehalte van opleiding gaan geweldig hierby baat. Maryna Ritter van Merseta was ook by die onderhandelings teenwoordig, aangesien die kollege graag so gou as moontlik akkreditasie vir al hul programme asook vaktoetsing ( Trade Testing) by Bellvillekampus wil kry.

Northlink nooi die publiek uit om gebruik te maak van hierdie volwaardige sake-eenheid waar motors herstel word teen ? minimale prys, sonder om kwaliteit in te boet en die studente tegelykertyd die geleentheid kry om praktiese ervaring op te doen onder streng toesig. Enige instansie in die paneelklopbedryf wat ook graag betrokke will raak, hetsy deur die skenk van toerusting, materiaal of van die leerders te werf as werknemers kan vir Nathan Peak by 021 -951 2231 skakel vir verdere inligting in die verband. Die kampusbestuurder, Kirk Randall kan gekontak word by eposadres krandall@northlink.co.za .

René Bonzet


For more information contact Northlink College

Sign In
E-Mail Address:

Password:


Register
Forgot Password
Online Community



Career Exhibitions
 

 

Terms & Conditions · Contact Us · Links